012 880 2493

info@hartlandakademie.co.za

Voorskool en Laerskool in Hartenbos

Ons maak oop Jan 2027

‘n Nuwe hoofstuk in Afrikaanse onderwys

Christelike waardes, uitnemendheid en ‘n toekomsgerigte visie in die hart van Hartenbos.

Maak kennis met Hennie Louw, die nuwe hoof van Hartland Akademie, in gesprek met Muller van Loggerenberg.

Die Hartland Akademie verskil

Hoekom Hartland Akademie?

Die Mosselbaai-omgewing groei vinnig, maar Afrikaanse skole bars uit hul nate. Hartland Akademie vul hierdie leemte met ‘n skool gebou op die Woord.

Christus-gesentreerd

Geloof, liefde en hoop rig elke dag

Toekomsgerig

Lewenslange leerders vir ‘n nuwe era

Afrikaans

Kwaliteit moedertaalonderrig

Hoe lyk ons skool

‘n Vennootskap gebou op vertroue

Gebou op ‘n vennootskap van oortuiging

Hartland Akademie is ‘n gesamentlike inisiatief van Die MOS Inisiatief en Doxa Deo Opvoedkunde — twee organisasies met ‘n gedeelde passie om kinders in Afrikaans, binne ‘n Christelike raamwerk, vir die toekoms toe te rus.

Fooie

Deursigtige, bekostigbare fooie vir kwaliteit vroeë kinderontwikkeling

skryf vandag in

Registrasiefooi

R2 500

eenmalig

Graad RRRR – RR

Halfdag R3 800pm

Voldag R4 600pm

Graad R

Halfdag R3 950pm

Voldag R4 750pm

Graad 1 – 3

R4 900pm

Graad 4 – 7

R5 300pm

Naskool

R800 per maand

Gereelde Vrae

Antwoorde op die belangrikste vrae

Geleë binne Hartland Lifestyle Estate. Holistiese ontwikkeling — akademies én geestelik. Ubuntu, samehorigheid en menswaardigheid.

Ons help graag persoonlik.

📞 012 880 2493 →

Watter grade bied Hartland Akademie aan?

Ons beoog tans om met Gr. RRRR (2-jariges) tot Gr. 3 te begin en jaarliks organies uit te brei tot Gr. 7, waar ons leerders stap vir stap begelei om hul pad met selfvertroue te stap – ons roeping om “die weg te wys”. Finale bevestiging van grade vir 2027 sal in Junie 2026 gekommunikeer word.

Wat is die onderrigtaal?

By Hartland Akademie is Afrikaans ons enigste onderrigtaal – ’n taal waarin ons kinders met selfvertroue kan leer, groei en floreer.

Is die skool slegs oop vir inwoners van Hartland Lifestyle Estate?

Glad nie. Hartland Akademie verwelkom gesinne van regoor die breër Mosselbaai- en Tuinroete-omgewing.

Wat beteken “Christus-gesentreerd”?

Ons leef en werk vanuit ’n fondament van geloof, liefde en hoop. By Hartland Akademie is ons passie om elke leerder nie net akademies nie, maar ook geestelik te ontwikkel en toe te rus vir die lewe – om saam hulle “die weg te wys”.

Wanneer open die skool?

Konstruksie het reeds begin ná die sooispit-seremonie op 17 April 2026. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die opening en sal die amptelike datum bevestig sodra die munisipale prosesse afgehandel is.

Wie staan agter Hartland Akademie?

Hartland Akademie is die vrug van ’n unieke samewerking tussen die MOS Inisiatief (Trust vir Afrikaanse Onderwys), Doxa Deo Opvoedkunde en die ontwikkelaars van Hartland Landgoed – almal met ’n gedeelde visie vir uitnemende, waardegedrewe onderwys.

Hoe dui ek my belangstelling aan om my kind in te skryf?

Ons hoor graag van jou! Besoek hartlandakademie.co.za om jou belangstelling te registreer, of stuur ’n e-pos aan info@hartlandakademie.co.za.

Ons omgewing

Hartland Lifestyle Estate – Tuis in die hart van Hartenbos

Hartland Akademie is geleë binne die Hartland Lifestyle Estate — ‘n veilige, gesinsvriendelike landgoedwoning oor 375 hektaar in die Tuinroete. Ontdek ‘n leefstyl wat familie, natuur en gemeenskap saambring.

Besoek webwerf