Stel jy belang in ‘n loopbaan by Hartland Akademie?

Intermediêr-seniorfaseopvoeder

Sluitingsdatum: 10/11/2026

As ‘n trotse, gesamentlike inisiatief tussen Die MOS Inisiatief en Doxa Deo, is Hartland Akademie op soek na ‘n uitsonderlike intermediêr-seniorfaseopvoeder, wat met gemak beide intermediêre en seniorfase kan hanteer, om ons dinamiese nuwe span te versterk. Ons verwagting vir hierdie rol is baie spesifiek: ons soek nie net iemand wat ‘n klas kan bestuur nie, maar ‘n opvoeder wat kinders kan inspireer, koester en help om met selfvertroue te groei. Afrikaans, Engels en Wiskunde sal in die klas aangebied word, terwyl die suksesvolle kandidaat vir die res van die vakke as leerbestuurder op die MOS-leerstelsel sal optree.
Laai dokument af

Grondslagfase-Onderwyseres

Sluitingsdatum: 10/11/2026

As ‘n trotse, gesamentlike inisiatief tussen Die MOS Inisiatief en Doxa Deo, is Hartland Akademie op soek na ‘n uitsonderlike grondslagfaseonderwyseres om ons dinamiese nuwe span te versterk. By ons skool glo ons dat ‘n kind se heel eerste treetjies die belangrikste fondasie vir ‘n leeftyd se ontdekking lê. Daarom is ons verwagting vir hierdie rol baie spesifiek: ons soek nie net iemand wat ‘n klas kan bestuur nie, maar ‘n opvoeder wat kinders kan inspireer, koester, help om met selfvertroue te groei en op multigrade kan fokus sonder om op in die tradisionele manier van doen vasgevang te word. As jy ‘n roeping het vir uitnemende, liefdevolle en waardegedrewe onderwys, en die unieke voorreg wil hê om van dag een af ‘n warm leeromgewing te help skep en vir kinders die weg te wys, wag daar ‘n vreugdevolle tuiste vir jou by Hartland Akademie.
Laai dokument af