MOS het onlangs ‘n spesiale TV-onderhoud gehad waarin uitvoerende hoof Rudolf van der Westhuizen die opwindende nuus gedeel het oor die netwerk se sewende bestaansjaar — en die aankondiging van hul nuutste skool, Hartland Akademie in Hartenbos. Met 16 skole regoor Suid-Afrika en meer as 2 200 leerders landwyd, het MOS homself gevestig as een van die toonaangewende privaat Afrikaanse skoolnetwerke in die land.
Hartland Akademie sal DV Januarie 2027 sy deure oopmaak in Hartland Estate, Hartenbos — ‘n samewerking tussen MOS, Doxa Deo Education en die Hartland-gemeenskap. Die behoefte is duidelik: navorsing toon dat sowat 5 000 kinders in die Suidkaap-omgewing tans nie ‘n skoolplek het nie. Die skool begin met plekke vir 70 leerders in die kleuter- en grondslagfase, met die visie om uiteindelik tot matriek uit te brei.
Inskrywings open 1 Junie 2025 vir die 2027-skooljaar. Reeds meer as 150 belangstellings is ontvang, en meer as 300 onderwysers het aansoek gedoen om deel van hierdie nuwe hoofstuk te wees. Wil jy jou kind inskryf of meer uitvind? Besoek hartlandakademie.co.za of dui jou belangstelling vandag aan.